Tabby
Tabby is die baas in die huis as sy bevele uit deel moet jy net spring om haar sin te gee. Sy eet op die kombuis tafel en slaap by "ma" en "pa" op die bed. Sy hou daarvan om styf teen ma of pa se bene te le en dan mag jy nie roer nie dan wys sy gou dat sy nie gelukkig is nie. Sy gaan slaap ook nie saans voor ma nie kamer toe gaan nie. As sy wil gaan slaap dan Maiw sy en loop ent in die gang en kom weer terug om te kyk of jy gehoorsaam en kom dat sy kan gaan slapies. Sy vang nie die voels of duiwe nie, sal tussen hulle deurstap en nie een jaag nie. Sy kry genoeg kos en haar kos is 24uur per dag beskikbaar. Sy het haar voorkeur in kos en weier om enige ander kos te eet. sy eet geen tafel kos nie, al sal jy dit offer, verkies net haar katte pille en sagte pakkies kos en dit moet heonder of vis wees geen ander geure is vir haar aanvaarbaar nie. Sy is nou 13jr oud en ons het haar by SPCA aangeneem.
Comments